Die kol en die wasem

Verhaal Info
Quickie in a car on the way to work. (Dutch)
1k woorden
2.8
15.1k
00
Verhaal heeft geen tags
Deel dit Verhaal

Lettertypegrootte

Standaard Lettergrootte

Lettertypeafstand

Standaard Lettertypeafstand

Lettertype Gezicht

Standaard Lettertype

Thema Lezen

Standaardthema (Wit)
Je moet Inloggen of Aanmelden om uw aanpassingen in uw Literotica-profiel op te slaan.
PUBLIEKE BÈTA

Opmerking: u kunt de lettergrootte en het lettertype wijzigen en de donkere modus inschakelen door op het pictogramtabblad "A" in de Story Info Box te klikken.

Je kunt tijdelijk terugschakelen naar een Classic Literotica® ervaring tijdens onze lopende openbare bètatests. Overweeg om feedback te geven over problemen die u ervaart of om verbeteringen voor te stellen.

Klik hier

Die wasem, het hy paniekerig opgelet. Die wasem gaan my verklap. Hy kon skaars deur die agterruit sien. Die kantvensters was newelrig. Hy was nie ver van sy vrou se werk af nie, en as sy nou hier inklim, sou sy onmiddellik onraad merk. Dit was sewe-uur. Die verkeer was so dig as wat dit word op 'n gewone weeksdag - dig maar glad. Niemand is al daardie tyd wakker genoeg om onbeskof te wees nie, en vingers het gedwee op stuurwiele gebly.

Haar vingers om sy peester, onthou hy. Hy kyk na die passiersitplek. Daardie oggend het hy 'n kol agtergelaat. En sy vrou het niks gemerk toe sy daarop sit nie. En hom soen. Dis hulle ritueel dag in en dag uit. Hy tel haar nà nagskof op by die Medmeul hospitaal waar sy verpleeg, en dan laai sy hom af by die skool in die middestad waar hy hom afsloof vir ryk mense se onbeskofte kindertjies. Maar hierdie rustige, natuurlik voorspelbare ritme is versteur - al was dit net daardie een oggend. Haar vingers om sy stywe, bewende peester. Wat hom die verbode dieptes van haar vroulikheid instuur. Sy konsentrasie breek oombliklik by dié steurnis. Hy kon in Kerkstraat afdraai, om stad se kant toe te staan as hy in Parkstraat by die hospitaal kom. Hy ry deur.

Hy het half onwillig ingestem toe sy vrou hom vra of hy nie haar vriendin daardie oggend 'n geleentheid wou gee tot by die pensioenskantore nie. Hy het haar geken, maar nooit baie aandag gegee nie. Jonk, getroud, geen kinders. 'n Oggendmens was hy nooit, en hy hou van sy eie geselskap daardie tyd van die dag. Met die koerantverkopers klets hy by elke stop, maar koop koop hy nie by enigeen nie. Daardie outjie op die hoek net duskant die hospitaal. Twee rand, sestig vinnig in sy een hand, terwyl hy die koerant behendig met die ander op die paneelbord neerskuif. Haar hande wat syne om haar agterstewe stuur, sy wil vasgetrek word, stywer teen hom.

Sy het kort-kort na hom geloer. Hy het amper in die voorste kar gery toe hy haar hand op sy boud voel.

"Wat doen...?" Hy het homself afgesny. Hy was vreeslik ongemaklik, maar hy het heeltemal jags geword. Heeltemal.

Sy het hom vol in die oë gekyk, half uitdagend. Terug kon hy nie nou nie. Net vorentoe, soos die rye motors om hom. Vorentoe.

Hy het weer weggekyk, asof hy haar hand en wat voorlê kon wegwens. Sy vrou wag.

Die motorhorlosie in die paneelbord het net oorgeslaan na ses:veertig. Toe wéét hy. Sy lyf roep en hy moes antwoord.

By die volgende afrit het hy die motor skielik ingeswaai. 'n Stil, kort pad. By die draad van die een huis het hy opgetrek, onder 'n peperboom. Daar was altyd 'n verslonste ou vrou van die huis wat reeds doenig was in haar netjiese tuin as hy verby ry. Die ou man, het hy altyd gedink, moes haar al ontval het. Nou is haar kinders seker kwaad vir haar omdat sy die ou huis in die middel van die woonstelreuse rondom haar verkies as om in die ouetehuis te gaan bly, weg van hul gewetens af. Dis hierdie dinge wat sy oggendryery interessant maak.

Hulle het niks gepraat nie. Toe hy stilhou, ruk hy haar na hom toe, en binne oomblikke het hy haar tikkie lipstiffie afgesoen. Die sagste lippe wat hy ooit gehad het op syne. Toe hy haar bors voel, het hy geskrik. Dit was ferm, maar klein. Klein. Hy het gewonder of die ouvrou beswaar sou hê. Sou sy teen haar draad kom staan en kyk hoe hulle...?

Maar hieraan kon hy hom die minste steur, die ouvrou het haar jare agter die rug. Teen hom het hy 'n heel jonger lid van die evasgeslag. Haar borste was nou bloot voor hom, en hy het met haar tepels gespeel - sy baardstoppels daaroor gevryf, dit in sy mond geneem en rondgedraai met sy honger tong. Vir sulke klein borste het sy groterige tepels gehad, heel groter as sy vrou s'n.

Hy het oor haar ferm maag gevryf. Sy had 'n satynbroekie aan. Toe hy daaronder voel, ontmoet hy die weligste bos hare. 'n Tweede keer skrik hy. Sy vrou skeer altyd heeltemal skoon. Wat is dit met verpleegsters dat hulle al wat haar is onmiddellik uit die weg moes ruim. Hy het altyd by haar gesmeek om dit maar te laat groei, maar elke keer was dit glad, skoon. En nou, hier! Hy soen haar inniger, harder.

Vinnig skuif hy, nie sonder moeite nie, oor na haar sitplek toe. Agtertoe en plat. Dis verbasend hoe vinnig hy dit kan doen. Sy broek het hy koorsig afgesukkel. Toe haar vingers. Om sy peester. Geen tyd vir voorspel nie, het hy gedink. Dis seker nou al ses:vyf-en-veertig. Hy het haar opgelig toe sy hom binnelei.

Haar binneste was klam, warm, kloppend. Toe stoot hy, en hy dring haar diep in. In en uit. Sy het hom vasgeklou, blykbaar hulpeloos, maar sy het presies geweet wat sy wou hê, het hy vermoed.
Toe merk hy die ouvrou. Met 'n jaartbesem het sy gestaan, en hulle afgekyk. Nie geskok nie, net so gekyk. Koue rillings het deur hom getrek. Hy het gewonder of sy die breek in ritme kon voel. Onder hom was haar oë toe.

Die grillerige teenwoordigheid van die ouvrou kon hom egter nie keer nie. Al sy saad van die afgelope drie, vier weke, het hy heeltemal in haar ingestort. En gestort. Die ouvrou met die besem. Gekom en gekom.Sy het aan hom geklou asof haar lewe daarvan afhang. Die sweet het hom afgetap.

"Tien voor," was haar eerste woorde. Hy het sy sakdoek vir haar gegee. Toe hy terugsak in sy sitplek en hulle hul klere begin versien, merk hy die ouvrou. Sy was nie meer daar nie.

"Dankie," was haar volgende woorde toe hy haar by haar werkplek aflaai. Hy het net geglimlag, niks gesê nie.

Toe sy vrou hom soen, het hy gehoop sy sou nie die natkol op die sitplek voel nie. Die wasem was genadiglik weg.

Daardie nag droom hy van die verslonste ouvrou met haar jaarbesem. En sy peester word styf, stywer as wat sy vrou of haar vriendin hom al gehad het. Die ouvrou.

Gelieve dit een score te geven verhaal
De auteur zou je feedback appreciëren.
Deel dit Verhaal